Basilius II | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 10 Januarie 976 – 15 Desember 1025 |
Dinastie | Masedoniese |
Gebore | 958 Konstantinopel |
Oorlede | 15 Desember 1025 (op 67) Konstantinopel |
Voorganger | Johannes I Tzimiskes |
Opvolger | Konstantyn VIII |
Vader | Romanos II |
Moeder | Theophano |
Basilius II (Grieks: Βασίλειος Β΄, Basileios II; 958 – 15 Desember 1025) was ’n keiser van die Bisantynse Ryk wat eers as senior keiser maar van 10 Januarie 976 tot 15 Desember 1025 effektief as alleenheerser regeer het. Hy was bekend as Basilius die Porphyrogenitus en Basilius die Jongere om hom te onderskei van sy vermeende voorouer Basilius I die Masedoniër. Hy was die tweede langste heerser naas sy broer, Konstantyn VIII, wat in 962 saam met hom tot medekeiser benoem is,[1] maar drie jaar ná hom dood is.